Marlon Brando | |
Marlon Brando in 1955
| |
Geboortenaam | Marlon Brando jr. |
---|---|
Geboorte | 3 April 1924 Omaha, Nebraska |
Sterfte | 1 Julie 2004 (op 80) Los Angeles, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | A Streetcar Named Desire, The Godfather |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
Oscar | 1954 | Akteur | On the Waterfront |
Bafta | 1953 | Akteur* | Viva Zapata! |
Bafta | 1954 | Akteur* | Julius Caesar |
Bafta | 1955 | Akteur* | On the Waterfront |
Emmy | 1979 | Byspeler | Roots: The Next Generations |
Golden Globe | 1954 | Akteur | On the Waterfront |
Golden Globe | 1972 | Akteur | The Godfather |
Cannes-fees | 1952 | Akteur | Viva Zapata! |
Benoem | |||
Oscar | 1951 | Akteur | A Streetcar Named Desire |
Oscar | 1952 | Akteur | Viva Zapata! |
Oscar | 1953 | Akteur | Julius Caesar |
Oscar | 1957 | Akteur | Sayonara |
Oscar | 1973 | Akteur | Last Tango in Paris |
Oscar | 1989 | Byspeler | A Dry White Season |
Bafta | 1958 | Akteur | The Young Lions |
Bafta | 1972 | Akteur | The Nightcomers |
Bafta | 1972 | Akteur | The Godfather |
Bafta | 1974 | Akteur | Last Tango In Paris |
Bafta | 1989 | Byspeler | A Dry White Season |
Golden Globe | 1957 | Akteur | The Teahouse of the August Moon |
Golden Globe | 1958 | Akteur | Sayonara |
Golden Globe | 1964 | Akteur | The Ugly American |
Golden Globe | 1990 | Byspeler | A Dry White Season |
Van die hand gewys | |||
Oscar | 1972 | Akteur | The Godfather |
*Nota: Buitelandse akteur |
Marlon Brando (1924–2004) was 'n Oscar-bekroonde akteur wat meer as 'n halfeeu in die rolprentwêreld aktief was. Hy word oor die algemeen as een van die beste Amerikaanse akteurs ooit beskou en verskyn in die sewende plek op die America Film Institute se ranglys van die tien beste akteurs. In sy dertigerjare is hy as 'n sekssimbool beskou en word hy onthou vir sy rolle as Stanley Kowalski in A Streetcar Named Desire (1951) en Terry Malloy in On the Waterfront (1954).[1]
Hy het aanvanklik erkenning en 'n Oscar-benoeming gekry vir die rol van Stanley Kowalski in die rolprentaanpassing van Tennessee Williams A Streetcar Named Desire, 'n rol waarop hy suksesvol ontstaan het Broadway.[2]
As middeljarige akteur het sy werk as akteur meer aandag getrek as sy voorkoms en het hy 'n Oscar-toekenning gewen vir sy rol as Vito Corleone in The Godfather (1972). Hy word ook onthou vir sy rol as Paul in Last Tango in Paris (1973) en as kolonel Walter Kurtz in Apocalypse Now (1979), wat beide deur Francis Ford Coppola geregisseer is.
Brando word beskou as een van die belangrikste metodetoneelspelers, 'n toneelspeeltegniek waarmee Brando in die vyftigerjare Hollywood se aandag getrek het. Sy manier van toneelspeel het 'n groot invloed op ander akteurs soos Paul Newman, Robert de Niro en James Dean gehad.
Brando was ook 'n aktivis en het hom met baie kwessies bemoei, waaronder die Amerikaanse Burgerregtebeweging en die Amerikaans-Indiaanse Beweging.